Jubel saam

JR2024-1 Korrels

Lees Psalm 95-97
Kom, laat ons jubel tot eer van die Here . . .

Jubel saam oor God. Hy is groot en goed. Sy Naam is heilig. Daar is nie een soos Hy nie. Hy is ons rots, die Een by wie ons redding vind. Kom ons gaan na die Hete toe met harte en monde wat oorloop van lof. Kom ons juig oor God. Kom ons juig Hom toe en besing sy heilige Naam.

Ons God is die Koning oor die ganse aarde. Daar is geen god behalwe Hy nie. Die diepste plekke op aarde is nie buite sy bereik nie. Ook nie die hoogste en berge nie. Met sy eie hande het God die see gevorm. Ook die berge endie land is die werk van sy hande. Alles getuig van sy almag.

Kom ons van vandag in diepe eerbetoonvoor ons heilige God neer. kom ons kniel en buig laag in die stof voor Hom. Hy is ons Skepper. Hy is ons enigste God, en onsis sy volk wat Hy nadergeroep het. Soos ‘n goeie herder versorg Hy ons as sy kudde. Met sy magtige hand lei Hy ons langs groenweivelde. Ook deur die donkerste dal bly Hy op sy pos langs ons.

Loof God, prys sy Naam. Sing en juig saam, want daar is niemand soos God nie. Sy woorde bring lewe. Daar is genesing in sy lig. Kinders en suigelinge vind ‘n skuilplek aan sy voete. Mense wat in vrees leef, vind veiligheid by sy altare. Ja, selfs die kleinste mossies is tuis in die voorhowe van die Allerhoogste.

Gebed: Here, ek jubel vandag saam oor U.
Stephan Joubert – Die hele Bybel-dagboek – Dagstuk 401
Lux Verbi. BM

Hulde aan koning Jesus!
Here Jesus, ons aanbid U as Erekoning.
U is die ewige Koning
voor wie die hemelliggame in aanbidding Uitroep:
“Heilig! Heilig! Heilig!”

‘n Lieflike offer aan God , p. 72 — Solly Ozrovech
Lux Verbi.BM