Lofprysing, Skrif, Liedboek & Lofgebede

JR2024-1 Korrels

Laat ons jubel
Kom, laat ons voor die Here jubel,
laat ons juig tot eer van die rots wat ons verlos.
Laat ons tot Hom nader met dankliedere,
met lofgesange juig tot sy eer.
Psalm 95:1-7
Bybel — 2020 Vertaling

Aan God kom toe
Aan God kom toe ons lofgesange.
Ons word verhoor in ons gebede.
Hy kies ons uit om in sy genade
in sy huis te woon,
Hy wys ons daar sy troue dade.
Psalm 65 – Liedboek van die kerk.

Neem my lewe
Neem my lewe,
laat dit, Heer
Neem my lewe, laat dit, Heer,
U gewy wees meer en meer.
Laat my hart gedurig juig
en van dankbaarheid getuig.
Neem my stem en laat my sing
— aan U Here, hulde bring.
Laat my mond dié boodskap dra:
Hul sal vind wat na U vra.
Lied 308:1,3
Liedboek van die kerk

Feeslied
Wisselsang vir koor en gemeente Een-en-twintigste verjaarsdag-herdenkinglied

Loof die Here, want Hy is goed.
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Loof die oppermagtige God,
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Hy het magtige dade gedoen.
Aan sy liefde is daar geen einde nie.

Melodie: Lourens Faul 1994 — Teks: Lourens Faul 1994

Nie aan ons nie, Here
Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie,
maar aan u Naam kom die eer toe,
oor u troue liefde, oor u bestendigheid.
Ps. 115:1&2

Jesus en die kindertjies
Jesus het die kindertjies nader geroep,
hom tussen hulle gestaan en gesê:
―Amen. Ek sê vir julle,
as julle nie verander en soos kindertjies word nie,
sal julle beslis nie
in die koninkryk van die hemele ingaan nie.
Matteus 18:2&3

Lof aan God
Lofwaardig is die God en
Vader van ons Here Jesus Christus!
Dit is Hy wat ons in sy groot ontferming,
deur die opstanding
van Jesus Christus uit die dood,
opnuut verwek het
sodat ons ’n lewende hoop mag hê
op ’n erfenis wat nooit vergaan,
besmet word of verwelk nie,
en wat in die hemel vir (ons)
in bewaring gehou word – ja,
vir (ons) wat, deur geloof,
deur die krag van God bewaar word
vir die verlossing wat gereed is
om in die eindtyd geopenbaar te word.
Hieroor moet (ons) jubel.
1 Petrus 1:3-6
Bybel 2020 Vertaling

God wil ek loof
God wil ek loof met alles wat in my is,
ek wil Hom prys omdat Hy goed vir my is.
Ek sal sy goedheid altyd bly onthou.
Hom wil ek prys vir al sy goeie dade.
Hy wat vergifnis skenk deur sy genade.
Sy Naam is heilig en Hy is getrou.

Psalm 103
Liedboek van die kerk

‘n Lofgebed vir die koninkryk van God
“Die koningskap oor die wêreld behoort aan ons Here en sy Gesalfde, en Hy sal as koning heers tot in alle ewigheid.”
Openbaring 11:15

“Grote God, ons bring U eer,
ons aanbid U, Koning, Heer.
U kom toe die lof alom
U wat wás, wat ìs, wat kóm.
Voor U buig die skepping neer
U wat ewig sal regeer.
In genade, groot en ryk,
bou U, Heer, u koninkryk.
Voordat ek on kies, kon vra,
het u Seun my vloek gedra.
En kon vind:
U’t my gekry voor ek nog my skuld bely.”

Lied 190:1-2 — Liedboekvan die Kerk
Solly Ozrovech — ‘n Lieflike offer aan God – p. 87

Hulde aan koning Jesus
Here Jesus, ons aanbid U as Erekoning.
U is die ewige Koning
voor wie die hemelliggame in aanbidding Uitroep:
―Heilig! Heilig! Heilig!‖
ʼn Lieflike offer aan God, p. 72 — Solly Ozrovech
Lux Verbi.BM

Lof aan God
Lofwaardig is die God en Vader
van ons Here Jesus Christus!
Dit is Hy wat ons in Christus geseën het
met elke geestelike seëning in die hemel.
So het Hy ons voor die grondlegging
van die wêreld in Hom uitgekies,
sodat ons heilig en onberispelik
in liefde voor Hom sou wees …
tot lof van die heerlikheid van sy genade,
waarmee Hy ons in die Geliefde begunstig het.
Efesiërs 1:3,4&6
Nuwe Testament en Psalms
ʼn Direkte Vertaling

Sing juigend, sing ʼn nuwe lied
Sing juigend, sing ‘n nuwe loflied.
Besing opnuut die Heer se Naam;
bring nou ‘n lofgesang met eerbied
soos dit gehoorsames betaam.
Net deur sy gedagte is die Heer
by magte om te laat geskied.
Wat Hy doen, duur ewig.
Vas staan dit en ewig
soos Hy dit gebied.
Hy is vol liefde, vol genade,
en Hy laat geld dit wyd en syd.
Standvastig is sy trou, sy dade,
en Hy bemin geregtigheid ….
Vanuit sy woonplek
hoog verhewe sien Hy,
die Koning, almal raak.
En Hy kyk af op alle lewe,
want alles is deur Hom gemaak.
Alle kundighede, alles hier benede
is deur Hom gemaak.
In sy alvermoë sien sy wyse oë
al ons dade raak.
‘n Vors oorwin nie deur sy magte;
wat baat die grootheid van sy leër?
Hy wen nie deur die perd se kragte.
Wie triomfeer, steun op die Heer.
En na dié wat Hom dien,
sal die Here omsien,
Hy sal hul behou.
Hul sal deur sy krag wen,
hulle wat sy mag ken
Psalm 33 1,2,5,6

Liedboek van die kerk
Lofprysing is altyd ‘n reaksie op die evangelie van God, die goeie boodskap dat Jesus leef en aan die regterhand van die Vader sit.
Lofprysing ontspoor wanneer dit ‘n uitdrukking van mense se emosionele stemminge en behoeftes is, en nie ‘n vreugdevolle antwoord op die besef dat Jesus aan die regterhand van God sit en dat alle mag in die hemel en op die aarde aan Hóm behoort nie.
Dirkie Smit
Die Groot Aanhalingsboek, p. 208
Lux Verbi.BM

Ek is ʼn lofpryser
Gaan sy poorte binne met lofprysing,
sy voorhowe met ‘n loflied;
loof Hom, prys sy Naam.
Want die Here is goed,
vir ewig duur sy troue liefde,
van geslag tot geslag sy trou.
Ps. 100:4-5
(2020-vertaling)
As ons God nader – as ons sy poorte betree, sy voorhowe – is dit
altyd met lof. Die rede vir God se lof is nie omdat Hy ons seën nie,
maar omdat Hy inherent lofwaardig is. Ons seëninge is wonderlik en
goed, maar kan nie die basis van God se lof wees nie, want as ons
ongeseënd en ongelukkig voel, sal ons wil nalaat om Hom te loof en
prys.
Ons moet dus leer om die Here te loof ongeag ons omstandighe-
de of ons gemoedstemming. Trouens, as ons ―nogtans‖ kan jubel, in
geloof, al is ons krale leeg en ons gemoed laag, sal dit ons oë op
God vestig en ons oplig en nuwe krag gee. Loof die Here altyd!
Hemelse Vader, ek is so selfgerig.
Alles, selfs my geestelike lewe, gaan maar net oor my.
Help my om myself te oorkom en op U te fokus –
u grootheid en genade en liefde.
Laat ek nie nalaat om U te loof en te dank, telkens as ek bid,
vir wie U is en wat U doen nie.
Ek weet dat daar baie oorwinning en groei in lofprysing is.
Amen.
Daaglikse Stilte info@jimileroux.com
5117 WIE IS EK? #57
2024-01-3