Die erediens word onder die genadige werking van die Heilige Gees getrou elke Sondagoggend bedien met die verklaring van die Heilige Skrif deur twee voltydse leraars. Eredienstye het al van tyd tot tyd verander maar vind elke Sondag plaas in Margate en Port Edward en elke derde Sondag in die Kapel by die aftree-oord. Kinderkerk is tydens die volwasse diens in Margate.
Die liturgiese jaar, soos op die kalender aangedui, is die ritme van Christelike feesdae en seisoene. In die kerk van Christus se lewe, is dit die polssag en bepaal die aard, inhoud en fokus van die daardie spesifieke erediens.
Nagmaal word vier keer per jaar by elke punt bedien en Stilnagmaal, laat middag, by een kampus op ‘n keer.
Aangesien die gemeente geleë is in aan die Suidkus, is daar gewoonlik ‘n hele aantal besoekers teenwoordig in die diens. Op Kersoggend word van vyf tot tien dienste bedien om al die besoekers te akkommodeer. Die dienste van ‘n hele aantal emeriti in die gemeente, voorsien groot hulp in hierdie situasies.
‘n Doopplegtigheid is meestal ‘n groot vreugde geleentheid omdat dit kleinkinders of agterkleinkinders is wat hierheen gebring is om Oupa en/of Ouma teenwoordig te hê.