Sabbatsjaar tot Jubeljaar

JR2024-1 Korrels

Levitikus 25:1-22
Levitikus leer ons om ‘n Sabbat te vier vir die Here. Ses jaar moet ons ons saailand saai en ses jaar moet ons wingerd snoei en die opbrengs daarvan insamel. Die sewende jaar is ‘n Sabbatsjaar, ‘n buitengewone jaar tot eer van die Here. Die opbrengs van die land se Sabbat sal daar wees vir ons.

Tel sewe sabbatsjare af, dus sewe maal sewe jaar, sodat die tydperk van sewe Sabbatsjare vir ons nege-en-veertig jaar gee. Ons moet ‘n ramshoring laat weerklink. Die vyftigste jaar moet vir ons ‘n jubeljaar wees. Dit moet vir ons heilig wees. Van die saailande mag ons die opbrengs eet.

In hierdie jubeljaar moet ons elkeen terugkeer na ons geestelike omaramba, die vlei wat na reën ‘n bruisende rivier van geestelike groei word.
God sal steeds oor ons sy seën gebied.
“Jy moet ontsag hê vir jou God, want Ek, die Here, is julle God.”
(Levitikus 25:17)

God het NG Gemeente Margate deur die Heilige Gees oor die afgelope sewe jaar op “n Sabbatsreis gelei na die Jubeljaar:
1 : 2017 was die fokus op die SOLAS;
2 : 2018 is baie gesels oor ons EIE HOOP, van Toekomshoop & Verwagting tot Hoop Skeppers en Hoop & Geborgenheid;
3 : In 2019 was Hoop steeds die fokus, met ons HOOP IN CHRISTUS wat Magtig is, ‘n Opperherder en Oorwinnaar en op die Prysgawe van sy hemelse lewe, ter wille van ons;
4 : 2020 was ‘n moeilike jaar met die Covid19-pandemie. Met opgewondenheid is beplan, maar daar moes in isolasie gefokus word op HERTOEWYDING sonder eredienste, soms in eensaamheid, met kontak slegs deur moderne tegnologie;
5 : In 2021 kon fokus val op DANKBAARHEID deur Aanbidding, vir Verlossing en Genade en met Lofprysing;
6 : 2022 is gefokus op die Genade, Liefde, Blydskap en Hoop wat GELOOF in GOD ons bied;
7 : 2023, die 49ste jaar, kyk die gemeente op en fokus op God wat sê “EK IS WIE EK IS” – Eks 3:14

50ste Jaar : Nou, 2024, in die JUBELJAAR sê NG Gemeente Margate
ALLE EER AAN GOD
Psalm 95:1