Die NG Kerk se reglement vir diens van Barmhartigheid sê: Deur die Woord en Gees vergader God vir Hom “n gemeente. Deur dié gemeente: laat God sy Woord verkondig, bring Hy die gemeenskap van heiliges uit alle nasies tot stand, laat Hy diens aan die wêreld in nood lewer, laat Hy sy opdrag om die skepping en lewe te bewaar sigbaar tot uitdrukking bring, en word sy geregtigheid en versoening verkondig. Só laat Hy sy koninkryk kom.
Die missie van die Drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees is om lewe en volheid aan die wêreld te gee. Die kerk, ook die getuienisbediening van Margate gemeente is in diens van God se missie. Die name van emeriti, lidmate kerkraadslede en dienende leraars wat onbaatsugtig voorgeloop het in die Getuienisbediening is by die Here bekend. Hier volg hul storie:
- Daar is uitgereik na die Sendingvelde, onder andere na sending in Angola, Mosambiek, die Maluti’s, Lusikisiki en Gamalakhe. Die leraar verantwoordelik vir Getuienis het saam met lidmate op hierdie uitreike gegaan en so is bande in die koninkryk gebou.
- Angola ( Menongue) is een van die Sendingvelde naby aan Cuito Cuanavale. Dis waar die groot veldslag van die Angola oorlog plaasgevind het. Die werk van Operasie Mobilisasie en die van der Merwe leraarspaar wat direkteur van OM is word ondersteun. Talle geestelike leiers is so opgelei en baie siele gewen vir die Here.
- Die werk in Nepal deur Willemien van den Bergh wat saam met Youth with a Mission gedoen word, word ondersteun deur die gemeente en baie geestelike leiers is so opgelei om Nepal vir Jesus te bereik.
- Mosambiek is besoek (Xai-Xai) met die oog op betrokkenheid aldaar.
- Gamalakhe het “n kerkgebou van die VGK kerk wat deur Margate se
Vrouediens help oprig is. Die kerk is van tyd tot tyd deur lidmate help verf, “n betonheining aangebring en daar is selfs dienste deur die leraar verantwoordelik vir Getuienis, sowel as deur ander lidmate en emeriti waargeneem. - Die werk in die Maluti’s is met ywer ondersteun en baie herstelwerk is daar deur lidmate van die NG kerk Margate gedoen aan die kerkgebou. In “n stadium is selfs die swart leraar se voertuig plaaslik herstel.
- Lusikisiki is “n verhaal op sy eie. Daar is baie sweet ingesit in die sendeling se pastorie aldaar deur lidmate. Lidmate van Port Edward het onder andere die opleiding van speelgroepleiers waargeneem. Vanaf 2008 is jaarliks ‘n Sendingkonferensie in die gemeente gehou met sendelinge wat opgetree het en geloofsoffers is ingesamel.
- Sinodaal is ook bygedra tot werk in Zululand en elders in ons provinsie.
- Die samewerking wat met KCOT, wat veral fokus op die opleiding van geestelike leiers in die swart gemeenskap is beslis iets wat vermelding verdien. Hier word hande gevat met die Gereformeerde Kerk.
- Die NG kerk Margate het nog altyd “n passie vir “n verloregaande wêreld gehad.
Eer aan God in die hoogste hemele