Die winter het vanjaar werklik geknyp en selfs gebyt. Nogtans het ons Hemelse Vader, wat vanjaar vir ons se “Ek is Wie Ek is”, ons harte aangeraak en sy Gees het ons weer Sondae na sy Huis laat optrek. Isolasie en tuisbly is oorkom en daar is weer warmte in gemeentesamesyn, veral met ‘n lekker warm koppie koffie of tee na die diens.Mens kan nie anders as om dankie te se vir die samesyn by ‘n heerlike basaar nie, die keer in ‘n lekker groot tent met ‘n hoe dak wat selfs gesellige sonlig deurgelaat het.
Met groot opgewondenheid dink ons aan die jaar 2024 – die vyftigjarige herdenking van NG Gemeente Margate. Soos met enige soortgelyke geleentheid, is daar twee kante. Mens kan dit met een woord beskryf, nl. “voor” – wat het voor vandag in die afgelope vyftig jaar gebeur om ons hier te bring? Aan die anderkant, wat, waarheen, hoe lyk en loop die pad wat nou daar voor ons lê?
As gemeente het ons oor die laaste paar jaar met God se genade in ons temas saam met Hom ‘n pad geloop tot vanjaar waarin Hy bevestig: “Ek Is Wie Ek Is”. Ons sluit 2023 af met die wonderlike versekering dat ons nooit hoef te wonder oor die toekoms nie, want Jeseus het vir ons gese: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe”. (Joh. 14:6) Daar is steeds net een pad vorentoe – elke dag saam met God. Dit is ons hoop.
Groete tot die feesjaar.
Elda