Gelukwensing van Ring van Port Shepstone

JR2024-1 Korrels

Dit is met dankbaarheid teenoor die drie-enige God dat die Ring van Port Shepstone kan deel in die vreugde van die NG Gemeente Margate wat hulle 50ste verjaarsdag vier. Hoe kosbaar is dit vir ons om julle passie en ywer vir die Here te sien. Dit is nie net lippetaal nie, maar dade wat uitloop in diensbaarheid, deernis en gehoorsaamheid. Ons dank die Here dat baie gelowiges by julle ‘n geestelike tuiste mag vind en dat lidmate God met hulle gawes en passie in Margate Gemeente kan dien.

As Ring is ons deeglik bewus van die uitdagings wat ons kusgemeentes moet trotseer en daarom wil ons graag erkenning gee vir die wyse waarop Margate Gemeente dit aanpak en bestuur. Die erns en ywer waarmee julle hierdie uitdagings met onderskeiding aanpak, dien as inspirasie in ons Ring.

Die Ring gee graag vir julle 2 Korintiërs 9:8
“En God is magtig om alle genade oorvloedig vir julle te laat wees, sodat julle altyd in elke opsig selfversorgend kan wees en oorvloedig kan bydra tot elke goeie werk.”

Ds Jasper van der Westhuizen.
Voorsitter – Ring van Port Shepstone